Privaatheidsbeleid
Beskerming van u private inligting is ons prioriteit. Hierdie privaatheidsverklaring is op Leapcure van toepassing en bepaal data-inwinning en -gebruik. Vir die doeleindes van hierdie privaatheidsbeleid, tensy anders aangedui, sluit alle verwysings na Leapcure ook leapcure.com in. Leapcure is ’n webminiprogram. Deur die Leapcure-webminiprogram te gebruik, stem u in tot die datapraktyke wat in hierdie verklaring beskryf word.
1. Inwinning van u persoonlike inligting
Leapcure win persoonlik identifiseerbare inligting in, soos u naam en e-posadres. Dit is inligting wat u aan ons gee wanneer u die “kontak ons”-vorm invul of op dienste inteken. Ons kan moontlik in die toekoms bykomende persoonlike of niepersoonlike inligting inwin. Inligting oor u rekenaarhardeware en -sagteware kan moontlik outomaties deur Leapcure ingewin word. Hierdie inligting kan insluit: u IP-adres, blaaiersoort, domeinname, toegangstye en verwysende adresse. Hierdie inligting word gebruik om die diens te bedryf, om diensgehalte te handhaaf, en om algemene statistiek oor die gebruik van die Leapcure-webminiprogram te verskaf. Leapcure vra dat u die privaatheidsverklarings deurgaan van webwerwe waarvan u skakels op Leapcure klik sodat u kan verstaan hoe daardie webwerwe u inligting inwin, gebruik en beskikbaarstel. Leapcure is nie verantwoordelik vir die privaatheidsverklarings of ander inhoud op webwerwe buite die Leapcure-webminiprogram nie.
2. Gebruik van u persoonlike inligting
Leapcure win u persoonlike inligting in en gebruik dit om hulle webminiprogram te bedryf en die inligting en dienste te bied wat u versoek het. Leapcure kan moontlik ook u persoonlik identifiseerbare inligting gebruik om u in te lig oor ander produkte of dienste wat van Leapcure en sy filiale beskikbaar is. Leapcure kan u moontlik ook via opnames kontak om navorsing te doen oor u mening van huidige dienste of oor potensiële nuwe dienste wat dalk aangebied kan word. Leapcure stel nie sy klantelys aan derde partye beskikbaar deur verkoop, huur of bruikhuur nie. Leapcure kan moontlik data aan betroubare vennote beskikbaar stel om te help om statistiese ontleding uit te voer, e-pos of gewone pos aan u te stuur, klantesteun te bied of aflewering te reël. Alle sodanige derde partye word verbied om u persoonlike inligting te gebruik behalwe om hierdie dienste aan Leapcure te lewer, en dit word van hulle vereis om die vertroulikheid van u inligting te handhaaf. Leapcure sal u persoonlike inligting sonder kennisgewing openbaar maak, slegs indien dit wetlik vereis word om dit te doen of in goedertrou dat so ’n handeling nodig is om: (a) te voldoen aan die bevele van die wet of om aan regsproses te voldoen wat op Leapcure beteken is; (b) Leapcure se regte of eiendom te beskerm en te verdedig; en (c) onder dringende omstandighede op te tree om die persoonlike veiligheid van Leapcure se gebruikers of die publiek te beskerm.
3. Sekuriteit van u persoonlike inligting
Leapcure beveilig u persoonlike inligting teen ongemagtigde toegang, gebruik of bekendmaking. Ons stoor al die bogenoemde inligting wat van individue ingewin word in ons TLS-/SSL-beveiligde databasis met beperkte toegang vir noodsaaklike mense en word met ’n wagwoord beskerm is.
4. Kinders jonger as dertien
Leapcure win nie bewustelik persoonlik identifiseerbare inligting van kinders jonger as dertien in nie. Indien jy jonger as dertien is, moet jy jou ouer of voog se toestemming vra om hierdie webminiprogram te gebruik.
5. Weiering van kommunikasie en kansellasie van intekening
Ons respekteer u privaatheid en gee u ’n geleentheid om te weier om aankondigings van sekere inligting te ontvang. Gebruikers kan enige of alle kommunikasie van Leapcure weier deur ’n e-pos aan info@leapcure.com te stuur.
6. Veranderinge aan hierdie verklaring
Leapcure sal hierdie privaatheidsverklaring af en toe bywerk om terugvoering van maatskappye en klante te reflekteer. Leapcure vra dat u hierdie verklaring periodiek deurgaan om ingelig te word oor hoe Leapcure u inligting beskerm.
7. Hoe om ons te kontak
Gebruiksvoorwaardes
Die volgende bepalings en voorwaardes vorm ’n ooreenkoms tussen u en Leapcure, Inc. (“Leapcure,” “ons”), die operateur van www.leapcure.com (die “webwerf”). Hierdie ooreenkoms bepaal u gebruik van die webwerf, sowel as ’n toevallige besoeker en as ’n geregistreerde gebruiker. DEUR DIE WEBWERF TE GEBRUIK, EN/OF DEUR BY ONS TE REGISTREER, DUI U AAN DAT U TOT HIERDIE GEBRUIKSVOORWAARDES INSTEM, insluitend dat u u toestemming gee vir die inligtingspraktyke wat bekendgemaak word in ons privaatheidsbeleid, wat deur verwysing hierby ingelyf word. Let asseblief daarop dat ons die webwerf “VOETSTOOTS” en sonder waarborge aanbied. Alle inligting wat ons op die webwerf inwin, is onderhewig aan ons privaatheidsbeleid. Deur die webwerf te gebruik, stem u toe tot alle handelings wat ons in voldoening aan die privaatheidsbeleid met betrekking tot u inligting uitvoer.
1. Gebruikergeskiktheid
Ouderdom en verblyfplek: Die webwerf is slegs beskikbaar aan mense wat 18 jaar oud of ouer is en wat ingevolge toepaslike wetgewing wetlik bindende kontrakte kan aangaan, en mag slegs deur hulle gebruik word. Tans moet alle gebruikers in Suid-Afrika woonagtig wees. U dui aan en waarborg dat u minstens 18 jaar oud is, in Suid-Afrika woonagtig is en dat enige registrasie-inligting wat u indien akkuraat en die waarheid is. Leapcure mag, na hulle alleengoeddunke, enige persoon of entiteit toegang tot of gebruik van die webwerf weier en te eniger tyd die geskiktheidskriteria wysig.
Voldoening: U stem in om aan alle plaaslike wette oor aanlyn gedrag en aanvaarbare inhoud te voldoen. Daarbenewens moet u u onderwerp aan ons beleid soos in hierdie gebruiksvoorwaardes gestel, asook aan alle ander bedryfsreëls, beleide en prosedures wat Leapcure moontlik van tyd tot tyd op die webwerf kan publiseer, waarvan elk by verwysing hierin ingelyf is en waarvan Leapcure elk van tyd tot tyd kan bywerk deur sodanige bywerkings op die webwerf te plaas.
Uitvoering van agentskapbestuur: U stem daartoe in om agentskapbestuur op die webwerf uit te voer soos u dit nodig en toepaslik ag. U stem in dat u, u organisasie of ’n derde party waarmee u sake doen nie sal probeer om Leapcure of enige beampte, direkteur, werknemer, aandeelhouer, verteenwoordiger of agent van Leapcure (gesamentlik “verteenwoordigers”), aanspreeklik te hou vir enige verlies, besering of eise van enige aard as gevolg van u uitvoering van agentskapbestuur op die webwerf nie.
Wagwoord: Indien u ’n rekening skep, moet u u wagwoord beveiligd hou. U is ten volle verantwoordelik vir alle aktiwiteit, aanspreeklikheid en skade wat voortspruit uit u versuim om wagwoordvertroulikheid te handhaaf. U stem in om Leapcure onmiddellik te verwittig van enige ongemagtigde gebruik van u rekening of wagwoord, of van enige sekuriteitsbreuk. U stem ook in dat Leapcure nie aanspreeklik gehou kan of sal word vir enige verlies of skade wat voortspruit uit u versuim om u wagwoord beveiligd te hou nie.
Beperkte lisensie: Leapcure verleen ’n persoonlike, beperkte, nie-eksklusiewe, terugtrekbare en nieoordraagbare lisensie aan u om die webwerf te gebruik en toegang daartoe te kry ingevolge die vereistes en beperkings wat in hierdie gebruiksvoorwaardes vervat is. Leapcure mag, na hulle alleengoeddunke, enige aspek van die webwerf te eniger tyd verander, opskort of staak. Ons kan ook beperkings plaas op sekere dienste of toegang beperk tot alle of sekere dele van die webwerf, sonder voorafkennisgewing of aanspreeklikheid teenoor u of enige derde party.
Rekeningoordrag: U beperkte lisensie vir die gebruik van die webwerf geld slegs vir u persoonlik. U mag nie aan ’n ander party toegang tot u Leapcure-rekening of gebruiker-ID verleen of dit oordra of verkoop nie. Reg om diens te weier: Ons dienste is nie aan tydelik of onbepaald geskorste gebruikers beskikbaar nie. Leapcure behou na ons alleengoeddunke die reg voor om onbevestigde of onaktiewe rekenings te kanselleer. Leapcure behou die reg voor om diens aan enigiemand om enige rede en te eniger tyd te weier, dit op te skort of te beëindig.
2. Ontkenning
U MOENIE OP DIE INLIGTING WAT OP DIE WEBWERF VERSKAF WORD VERTROU AS ’N PLAASVERVANGER VIR PROFESSIONELE MEDIESE ADVIES, OF AS DIAGNOSE OF BEHANDELING BESKOU NIE, EN DIE INLIGTING VERVANG DIT OOK NIE. U MOET VIR ENIGE MEDIESE TOESTAND PROFESSIONELE MEDIESE DIAGNOSERING EN BEHANDELING VERKRY, EN INLIGTING VAN DIE WEBWERF MET U GESONDHEIDSORGVERSKAFFER BESPREEK. INLIGTING WAT OP DIE WEBWERF VERSKAF WORD, WORD VIR INLIGTINGSDOELEINDES VERSKAF EN WORD OP GEEN MANIER BEDOEL OM KONSULTASIE MET ’N MEDIESE DESKUNDIGE TE VERVANG NIE. MOENIE MEDIESE ADVIES VAN ’N GESONDHEIDSORGDESKUNDIGE VERONTAGSAAM OF DIE INWINNING DAARVAN VERMY OF VERTRAAG AS GEVOLG VAN IETS WAT U MOONTLIK OP DIE WEBWERF GELEES HET NIE. MOENIE DIE WEBWERF VIR MEDIESE NOODBEHOEFTES GEBRUIK NIE. U GEBRUIK VAN INLIGTING WAT OP DIE WEBWERF VERSKAF WORD, IS GEHEEL EN AL OP EIE RISIKO. NIKS WAT OP DIE WEBWERF VERMELD OF GEPLAAS WORD, OF DEUR ENIGE DIENSTE BESKIKBAAR IS, WORD BEDOEL OM DIE PRAKTISERING VAN GENEESKUNDE OF DIE VERSKAFFING VAN MEDIESE SORG TE WEES NIE EN DIT MOET OOK NIE AS SODANIG VERSTAAN WORD NIE. RESULTATE WAT VANUIT ONS DATABASIS GEGENEREER WORD, IS NIE MEDIESE ADVIES NIE EN MOET OOK NIE AS SODANIG BESKOU WORD NIE. ONS BEVEEL GEEN SPESIFIEKE TOETSE, STUDIES, PROTOKOLLE, BEHANDELINGS, DOKTERS, PROSEDURES, MENINGS, PRODUKTE OF ENIGE ANDER INLIGTING AAN WAT MOONTLIK OP DIE WEBWERF VERSKYN OF BY SKAKELS WAT VIA DIE WEBWERF BEREIK WORD NIE EN ONDERSKRYF DIT OOK NIE. Indien u staatmaak op enige van die inligting wat deur die webwerf verskaf word, doen u dit geheel en al op eie risiko. In die lig van die voortdurende vooruitgang in mediese kennis en verskille in mening tussen mediese owerhede, word u aangeraai om inligting op die webwerf met u gesondheidsorgverskaffer te bevestig. Ons het op geen spesifieke tyd enige beheer oor die beskikbaarheid van enige kliniese proef nie en kan die beskikbaarheid daarvan ook nie waarborg nie. Ons sal nie aanspreeklik wees vir enige gekanselleerde kliniese proewe of as u nie aan kliniese proewe kan deelneem, of vir enige besering wat daaruit voortspruit nie. Studies wat op die webwerf aangebied word, is moontlik nie deur die deelnemende mediese sentrum se institusionele oorsigraad goedgekeur nie, kan moontlik gekanselleer word, of skryf moontlik nie pasiënte in nie.
Geen waarborg nie: Leapcure waarborg nie deurlopende, ononderbroke toegang tot die webwerf nie en verskeie faktore buite ons beheer kan met die bedryf van die webwerf inmeng. Ons behou die reg voor om te eniger tyd en van tyd tot tyd die webwerf, of enige deel daarvan, met of sonder kennisgewing tydelik of permanent te wysig of te staak. Die webwerf sal ook periodieke geskeduleerde en ongeskeduleerde onderhoud ondergaan. Die kan moontlik tipografiese foute of onakkuraathede bevat en kan moontlik nie volledig of op datum wees nie. Ons behou die reg voor om enige sodanige foute, onakkuraathede of weglatings te korrigeer en om inligting te eniger tyd sonder kennisgewing te verander of by te werk, selfs nadat ’n klagte verwerk of aanvaar is.
3. Verbode, verdagte en skendende items en aktiwiteite
U is alleen verantwoordelik vir u optrede en aktiwiteite op en in verband met die webwerf en enige en alle data, teks, inligting, gebruikersname, grafika, uitbeeldings, foto’s, profiele, oudio, video, items en skakels (gesamentlik “inhoud”) wat u indien, plaas en op die webwerf vertoon. Ons onderskryf nie inhoud wat op die webwerf ingedien word of enige mening, aanbeveling of raad wat deur gebruikers uitgedruk word nie. U inhoud mag nie materiaal bevat wat die intellektuele eiendomsregte van ander skend nie, insluitend kopiereg, handelsmerk, patent of handelsgeheime, maar dit is nie daartoe beperk nie. Ons ontken uitdruklik enige en alle aanspreeklikheid in verband met inhoud wat deur gebruikers ingedien word. Beperkte aktiwiteite: U inhoud en u gebruik van die webwerf mag nie:
vals, onakkuraat of misleidend wees nie;
bedrieglik wees nie;
inbreuk maak op enige derde party se kopiereg, patent, handelsmerk, handelsgeheime of ander besit- of intellektuele eiendomsregte of regte met betrekking tot publisiteit of privaatheid nie; hierdie gebruiksvoorwaardes, enige webwerfbeleid of gemeenskapsriglyne of enige toepaslike wetgewing, statuut, ordinansie of regulasie skend nie;
naamskendend of handelslasterend wees of enige persoon (insluitend Leapcure-personeel of ander gebruikers) onregmatig dreig, onregmatig lastig val, hulle identiteit bedrieglik gebruik of hulle intimideer of u identiteit of affiliasie met enige persoon valslik of andersins wanvoorstel nie;
onbetaamlik wees of pornografie bevat nie;
enige kode van ’n destruktiewe aard bevat of versend wat moontlik enige stelsel, data of persoonlike inligting kan skaad, negatief daarmee kan inmeng, dit ongemerk kan onderskep of dit kan onteien nie;
die webwerf wysig, aanpas of kraak of ’n ander webwerf wysig om valslik te impliseer dat dit met Leapcure verband hou nie; of
oënskynlik aanspreeklikheid vir Leapcure skep of veroorsaak dat Leapcure die dienste van ons internetdiens- of ander verskaffers (ten volle of ten dele) verloor nie.
Leapcure mag, na hulle alleengoeddunke, enige inhoud verwyder of uitvee wat hierdie gebruiksvoorwaardes oortree of wat ons andersins verwerplik vind. 4. Ideevoorleggings
Leapcure beskou enige voorstelle, idees, ’n aanbod of ander materiaal wat gebruikers via die webwerf of andersins voorlê (gesamentlik die “ideevoorleggings”) as nievertroulik en nie-eiendomsregtelik, en Leapcure sal nie aanspreeklik wees vir die bekendmaking van gebruik van sodanige ideevoorleggings nie. Indien enige gebruiker op ons aanvraag ’n ideevoorlegging stuur om die webwerf te bemark of te verbeter (byvoorbeeld via forums, of kommentaar, of aan klantesteun), sal Leapcure daardie ideevoorlegging as nievertroulik en nie-eiendomsregtelik beskou en Leapcure sal nie aanspreeklik wees vir gebruik of bekendmaking van enige ideevoorleggings nie. U verleen hiermee ’n nie-eksklusiewe, wêreldwye, ewigdurende, nieterugtrekbare, tantièmevrye en nieoordraagbare reg om die ideevoorlegging te reproduseer, gebruik, vertoon, uit te voer, versprei en afgeleide werke daarvan te skep en dit andersins vir enige doel, kommersieel of andersins, sonder vergoeding of afrekening aan u en sonder verdere verhaal deur u te benut.
5. Inligtingsbeheer
Akkuraatheid van inligting: Lê asseblief sorg aan dag en gebruik u gesonde verstand wanneer u die webwerf gebruik. Leapcure maak geen aansprake oor of verskaf waarborge van die waarheid, akkuraatheid, volledigheid, tydigheid of betroubaarheid van enige inligting op die webwerf nie. Deur die webwerf te gebruik, stem u in om die risiko’s van u gebruik van die webwerf te aanvaar en erken u dat nóg Leapcure nóg ons verteenwoordigers verantwoordelik is vir alle of enige handelings of weglatings van gebruikers op die webwerf nie. Ander hulpbronne: Leapcure is nie verantwoordelik vir die beskikbaarheid van buitewebwerwe of hulpbronne waarna die webwerf skakel of verwys nie. Leapcure onderskryf geen inhoud, advertensies, produkte of ander materiaal op of beskikbaar van sodanige webwerwe of hulpbronne nie en is nie daarvoor verantwoordelik of aanspreeklik nie. U erken dat Leapcure nie verantwoordelik of aanspreeklik sal wees, direk of indirek, vir enige skade of verlies wat veroorsaak of na bewering veroorsaak is in verband met die gebruik van of vertroue op enige sodanige inhoud, goedere of dienste wat op of vanaf enige sodanige webwerwe of hulpbronne beskikbaar is nie. Toegang tot derdepartywebwerwe vanaf die webwerf word op eie risiko verkry.
6. Ons intellektuele eiendom
“Leapcure” en ander Leapcure-grafika, logos, ontwerpe, bladsy-opskrifte, knoppie-ikone, skripte en diensname is handelsmerke, handelsname en/of handelskleding van Leapcure, Inc. in die Verenigde State van Amerika. Die “voorkoms en gevoel” van die webwerf (insluitend kleurkombinasies, knoppievorms, uitleg, ontwerp en alle grafiese elemente) word deur die VSA se kopie- en handelsmerkreg beskerm. U mag ons handelsmerke en handelskleding vir hoegenaamd geen doel gebruik nie, insluitend as deel van handelsmerke en/of as deel van domeinname of e-posadresse, in verband met enige produk of diens op enige wyse wat waarskynlik verwarring sal veroorsaak.
7. Toegang en inmenging
U stem in dat u geen robot, spinnekop, skraper of ander geoutomatiseerde middele sal gebruik om vir hoegenaamd enige doel tot Leapcure toegang te verkry nie, buiten in die mate wat uitdruklik deur en ooreenkomstig hierdie gebruiksvoorwaardes toegelaat word nie. Daarbenewens stem u in dat u nie:
enige stap sal doen wat na ons alleengoeddunke enige onredelike of disproporsionele groot las op ons elektroniese infrastruktuur sal plaas of moontlik sal plaas nie; enige Leapcure- inhoud sal kopieer, reproduseer, wysig, afgeleide werke daarvan sal skep, dit versprei of openbaar vertoon nie, behalwe in die mate wat uitdruklik deur en in ooreenstemming met die gebruiksvoorwaardes toegelaat word nie;
sal inmeng of probeer om in te meng met die behoorlike werking van die webwerf of enige aktiwiteite wat op die webwerf uitgevoer word nie;
sal probeer om die kwesbaarheid van enige Leapcure-stelsels of -netwerke te peil, skandeer of toets, of om sekuriteits- of verifikasiemaatreëls sonder behoorlike magtiging te verbreek nie; enige van die sagteware wat gebruik word om die webwerf te lewer te truontwikkel, dekompileer of uitmekaar haal nie.
8. Breuk
Leapcure mag, sonder beperking van ander regsmiddels, sonder kennisgewing en sonder om enige fooie terug te betaal, inhoud vertraag of onmiddellik verwyder, ons gemeenskap oor ’n gebruiker se handelings waarsku, ’n waarskuwing aan ’n gebruiker uitreik, ’n gebruiker tydelik skors, ’n gebruiker se rekeningvoorregte tydelik of onbepaald opskort, ’n Gebruiker se rekening beëindig, toegang tot die webwerf verbied en tegniese en regstappe doen om ’n gebruiker van die webwerf af te hou en weier om dienste aan die gebruiker te verskaf indien enige van die volgende van toepassing is: Leapcure vermoed of weet (voortspruitend uit inligting, ’n ondersoek, skuldigbevinding, skikking, versekerings- of dokumentedeposito-ondersoek, of andersins) dat ’n gebruiker die gebruiksvoorwaardes, die privaatheidsbeleid of ander Leapcure-beleide en gemeenskapsriglyne wat hierby ingelyf is, verbreek het; Leapcure is nie in staat om enige van u persoonlike inligting te verifieer of te staaf nie; of Leapcure glo dat ’n gebruiker nie ooreenkomstig die letter of gees van ons beleide optree nie, onbehoorlike of bedrieglike aktiwiteit met betrekking tot Leapcure uitgevoer het of waar optrede vir Leapcure of ander gebruikers regsaanspreeklikheid of finansiële verlies kan veroorsaak.
9. Privaatheid
Ons privaatheidsbeleid, soos van tyd tot tyd gewysig, word hiermee deur verwysing by hierdie gebruiksvoorwaardes ingelyf.
10. Geen waarborg nie
DIE GEBRUIKER ERKEN DAT LEAPCURE GEEN WAARBORG OF GARANSIE VAN ENIGE SOORT VERSKAF NIE, INSLUITEND ENIGE STILSWYENDE GARANSIE VAN VERHANDELBAARHEID OF BRUIKBAARHEID VIR ’N BEPAALDE DOEL, MET BETREKKING TOT DIE WEBWERF, AGENTSKAPBESTUUR EN DIE DIENSTE WAT DIT VERSKAF. DIE GEBRUIKER ERKEN DAT AGENTSKAPBESTUURDATA WAT OP DIE WEBWERF GESTOOR WORD MOONTLIK NIE TE ALLE TYE AAN DIE GEBRUIKER OF DERDE PARTYE BESKIKBAAR KAN WEES NIE AS GEVOLG VAN STELSELFALINGS, RUGSTEUNPROSEDURES, ONDERHOUD EN/OF ANDER OORSAKE WAT BUITE LEAPCURE SE BEHEER IS. NÓG DIE WEBWERF NÓG DIE DIENSTE IS PEUTERBESTAND EN DIT KAN WEENS TALRYKE FAKTORE BUITE LEAPCURE SE BEHEER AAN SEINVERSENDINGSFALINGS OF VERTRAGINGS ONDERHEWIG WEES. LEAPCURE VERSKAF DIE WEBWERF EN DIENSTE, DATA, INLIGTING EN WERKTUIE VIA DIE WEB “VOETSTOOTS” EN “SOOS BESKIKBAAR”, SONDER ENIGE GARANSIE OF VOORWAARDE, HETSY UITDRUKLIK, STILSWYEND OF WEDEREGTELIK. LEAPCURE EN LEAPCURE SE VERTEENWOORDIGERS WEIER SPESIFIEK ENIGE STILSWYENDE GARANSIES VAN TITEL, VERHANDELBAARHEID, VERRIGTING, BRUIKBAARHEID VIR ’N BEPAALDE DOEL EN NIESKENDING. DAARBENEWENS SAL GEEN ADVIES OF INLIGTING (HETSY MONDELING OF SKRIFTELIK) WAT DEUR U VAN LEAPCURE VERKRY IS, ENIGE GARANSIE SKEP NIE. GEBRUIK VAN DIE WEBWERF IS OP U EIE RISIKO. LEAPCURE WAARBORG NIE DAT U IN STAAT SAL WEES OM TOEGANG TOT DIE WEBWERF OP TYE OF PLEKKE VAN U KEUSE TE KRY OF DIE WEBWERF KAN GEBRUIK NIE; DAT U INTERNETTOEGANG, BATTERYKRAG OF ELEKTRIESE KRAG SAL HÊ OP DIE TYD OF PLEK WAAR U PROBEER OM DIE TOEGANG TOT DIE WEBWERF TE KRY NIE; DAT DIE WEBWERF ONONDERBROKE OF FOUTLOOS SAL WEES NIE; DAT DEFEKTE GEKORRIGEER SAL WORD NIE; OF DAT DIE WEBWERF VRY IS VAN ONAKKURAATHEDE, WANVOORSTELLINGS DEUR GEBRUIKERS, VIRUSSE OF ANDER SKADELIKE KOMPONENTE NIE.
11. Aanspreeklikheidsperk, akkoord om nie regsaksies te begin nie
LEAPCURE EN (SOOS EN TOT DIE VOLLE TOEPASLIKE MATE) LEAPCURE SE VERTEENWOORDIGERS SAL NIE TEENOOR DIE GEBRUIKER AANSPREEKLIK WEES VIR INDIREKTE, BYKOMENDE, VOORTVLOEIENDE, SPESIALE, BESTRAFFENDE OF AFSKRIKKENDE SKADE (SELFS AS LEAPCURE VAN DIE MOONTLIKHEID VAN SODANIGE SKADE AANGERAAI IS) WAT VOORTSPRUIT UIT DIE VERHOUDING TUSSEN LEAPCURE EN DIE GEBRUIKER, VERBREKING VAN HIERDIE GEBRUIKSVOORWAARDES, OF WAT VOORTSPRUIT UIT ENIGE ANDER VOORSKRIF VAN HIERDIE GEBRUIKSVOORWAARDES, INSLUITENDE SKADEVERGOEDING VIR PERSOONLIKE BESERING OF SKADE AAN EIENDOM (KOLLEKTIEF “AFGEWYSDE SKADE”) NIE. HIERMEE BELOOF U OM GEEN REGSGEDING IN TE STEL OF OM ENIGE EIS VAN ENIGE SOORT TEEN LEAPCURE IN TE DIEN VIR VERLIES, SKADE OF BESERING WAT OP ENIGE WYSE VERBAND HOU MET DIE WEBWERF, U UITVOERING VAN AGENTSKAPBESTUUR OF DIENSTE WAT DEUR LEAPCURE VERSKAF WORD NIE EN U LAAT VAAR DIT, DOEN DAARVAN AFSTAND, EN SPREEK LEAPCURE DAARVAN VRY. ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE SAL U PROBEER OM LEAPCURE AANSPREEKLIK TE HOU VIR ENIGE AFGEWYSDE SKADE NIE. INDIEN, NIETEENSTAANDE DIE BEPALINGS VAN HIERDIE PARAGRAAF 11, BEVIND WORD DAT LEAPCURE AANSPREEKLIK IS VIR VERLIES, SKADE OF BESERING INGEVOLGE ENIGE REGSTEORIE WAT OP ENIGE WYSE VERBAND HOU MET DIE WEBWERF, U AGENTSKAPBESTUUR OF DIENSTE WAT DEUR LEAPCURE VERSKAF IS, SAL LEAPCURE SE AANSPREEKLIKHEID TEENOOR U EN U EIENDOM BEPERK WEES TOT DIE BEDRAG VAN FOOIE WAT LEAPCURE ONTVANG HET EN WAT AAN SODANIGE GEBRUIKER TOESKRYFBAAR IS IN DIE SES (6) MAANDE VOOR DIE REGSGEDING OF REGSVORDERING WAARUIT AANSPREEKLIKHEID VOORTSPRUIT, OF $500 (SOWAT R9 500), WAT OOK AL DIE MEESTE IS.
12. Vrywaring
Die gebruiker sal Leapcure en sy verteenwoordigers vrywaar, verdedig en skadeloos stel van en teen enige en alle aanspreeklikhede, verpligtinge, verliese, skade, strafmaatreëls, regsvorderings, regsgedinge, hofsake, kostes en uitgawes (insluitend prokureursgelde) wat deur hoegenaamd enige persoon of persone aan Leapcure opgelê, deur Leapcure opgeloop of gely, of teenoor Leapcure beweer is op grond van of voortspruitend uit sodanige gebruiker se skending of verbreking van enige kopiereg, handelsnaam, handelsmerk of patent (of enige toepassing van die voorafgaande). Geen beperking van aanspreeklikheid van die gebruiker wat in enige ander skrywe vervat is, sal op Leapcure bindend of van krag wees nie.
13. U wetlike nakoming
U sal alle toepaslike wette, statute, ordinansies en regulasies in verband met u gebruik van die webwerf en alle Leapcure-dienste nakom.
14. Skeidbaarheid
Die ongeldigheid of nieafdwingbaarheid van enige deel of bepaling van hierdie gebruiksvoorwaardes sal geensins die geldigheid of afdwingbaarheid van enige ander deel of bepaling van die gebruiksvoorwaardes beïnvloed nie. Enige ongeldige of nieafdwingbare deel of bepaling sal beskou word as geskei van die gebruiksvoorwaardes en die res van die gebruiksvoorwaardes sal vertolk en afgedwing word asof die gebruiksvoorwaardes nie sodanige ongeldige of nieafdwingbare gedeelte of bepaling bevat het nie.
15. Geen agentskap nie
Geen agentskap, vennootskap, gesamentlike onderneming of werkgewer-werknemer- of franchisegewer-franchisenemer-verhouding word deur hierdie gebruiksvoorwaardes beoog of geskep nie. 16. Leapcure-diens
Leapcure behou die reg voor om die Leapcure-diens om enige rede, sonder kennisgewing en te eniger tyd te wysig of te beëindig. Leapcure behou die reg voor om hierdie gebruiksvoorwaardes of ander webwerfbeleide te eniger tyd te wysig; gaan dus asseblief die beleide dikwels na. As Leapcure ’n wesenlike verandering aanbring, sal ons u hier, per e-pos, deur middel van ’n kennisgewing op ons tuisblad, of op ander plekke wat Leapcure geskik beskou, hiervan in kennis stel. Wat ’n “wesenlike verandering” behels, sal na ons alleengoeddunke en in goeder trou bepaal word.
17. Oorlewing
Artikel 2 (ontkenning), artikel 4 (ideevoorleggings), artikel 5 (inligtingsbeheer), artikel 6 (ons intellektuele eiendom), artikel 7 (toegang en inmenging), artikel 8 (breuk), artikel 9 (privaatheid), artikel 10 (geen waarborg), artikel 11 (aanspreeklikheidsperk, akkoord om nie regsaksies te begin nie), artikel 12 (vrywaring), artikel 14 (skeidbaarheid), artikel 15 (geen agentskap), artikel 16 (Leapcure-diens), en hierdie artikel 17 (oorlewing) sal enige beëindiging of verval van hierdie gebruiksvoorwaardes en enige beëindiging, opskorting, verval of kansellasie van u rekening by Leapcure oorleef.
18. Kennisgewings
Behalwe soos uitdruklik gestel in hierdie gebruiksvoorwaardes, moet enige kennisgewings wat u aan Leapcure stuur, per e-pos gestuur word na [info@leapcure.com]. U stem in om elektroniese kennisgewings te aanvaar wat aan u gestuur word by die e-posadres wat u gedurende die registrasieproses aan Leapcure verskaf het, of soos u dit moontlik van tyd tot tyd bywerk, of soos andersins via die webwerf verskaf kan word. Kennisgewing word beskou as ontvang 24 uur nadat die e-pos gestuur is, tensy die persoon wat die kennisgewing gestuur het, in kennis gestel word dat die e-posadres ongeldig is. Indien u u toestemming terugtrek om kommunikasie elektronies te ontvang, mag Leapcure u reg beëindig om die webwerf te gebruik.
19. Beherende terme
Hierdie gebruiksvoorwaardes en daardie aanvullende bepalings en voorwaardes en beleide waarna hierin verwys word, verteenwoordig die volledige ooreenkoms en begrip met betrekking tot die onderwerpmateriaal van hierdie gebruiksvoorwaardes. Verskillende of aanvullende bepalings of voorwaardes in enige voorafgaande of daaropvolgende kommunikasie (hetsy per e-pos of enige ander vorm van kommunikasie) sal nie by hierdie gebruiksvoorwaardes gevoeg word, of dit wysig of andersins verander nie.